(54) Psalms van Christus

Psalm 16 (1): Ryk geërf

U ken miskien ook sulke mense: mense wat hulle ryk geërf het. Dit kan gebeur deurdat jou eie ouers ryk was, of, in ‘n ander geval, omdat die persoon met wie jy getroud is, welgestelde ouers gehad het.

Nou ja, Christene is sulke mense: mense wat hulle skatryk geërf het. Maar dit is nie omdat die kerk, die bruid, so ryk was danksy haar voorouers nie. Inteendeel, in Adam, ons voorvader, én deur ons eie sonde, het ons juis alles verloor. God se heerlike paradys, ja God self, het ons verloor deur die sondeval. En deur ons daaglikse sondes verbeur ons nog elke oomblik daardie grootste en wonderlikste besit. In onsself is ons dus brand, brandarm. Maar, en dit is nou die wonder van die evangelie, deur die geloof ontvang ons ‘n Bruidegom: die Bybel self noem ons Here Jesus Christus die Bruidegom van die kerk. En deur en danksy ons Bruidegom verkry ons die grootste en mooiste erfenis wat ‘n mens ooit kan ontvang. In Hom erf ons ons skat, skatryk!

Ek wil in die volgende dagstukke met u by hierdie erfenis stilstaan

(53) Psalms van Christus

Psalm 129: Stille Nag – maar die nag was stil nie

Stille nag?

Stille nag, heilige nag, so lui ‘n bekende Kerslied.

Stille nag, maar – die nag was nie stil nie …

… want die God van eer donder.

Wie die engelelied van Lukas 2:13-14 teen sy Nuwe en Ou Testamentiese agtergrond ken en verstaan, sal nooit sê die nag was stil nie …

… want die God van eer donder.

Kom ons kyk na hierdie mooi Lied van Lukas 2:13-14 en die geboorte van Christus.

Wanneer Christus gebore word in Belehem, sing die engele:

Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!

PSALM 29 – die engele se antwoord op die Stem van die HERE

Waar kom die engele van Lukas 2 aan hierdie lied van vers 13 tot 14?

Hulle kry dit in die Ou Testament, in hulle Psalmboek, in die Psalmboek van Christus; hulle kry dit in Psalm 29.

En – Psalm 29 is allermins ‘n Psalm van stilte. Inteendeel, dit donder:

  1. Psalm 29 het as opskrif: ‘n Onweerspsalm.

  2. Psalm 29 is die Psalm van die sewe donderslae: Sewemaal hoor ons van die Stem van die HERE: Die God van eer (die God van heerlikheid) donder. Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon. (vv 3-5).

In Psalm 29:1 ontvang die engele, die hemelinge, bevel: Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!

Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! Die engele van Psalm 29 moet reageer op die sewe donderslae, op die Stem van die Here. In reaksie op die Stem moet hulle aan die HERE eer en sterkte gee.

Psalm 29 is die Eer aan God in die hoogste hemele van die Ou Testament.

Lukas 2:13-14 – die engele se antwoord op die Stem van die Here

Psalm 29 is die Psalm van die Stem van die HERE.

En Lukas 2 is die Nag van die Stem van die Here.

  1. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar – dit is die Stem van die Here.

  2. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar – die God van eer donder.

Die geboorte van Christus is die Stem van die HERE. Hy is die Woord van God, sy Donderstem.

En wanneer die engele die Stem van die Here hoor, wat donder in die geboorte van Christus, antwoord hulle:

Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!

En daarmee vervul hulle die opdrag van Psalm 29: Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!

Wanneer God Hom openbaar, as sy Stem weerklink, dan donder dit, dan is dit nie stil nie.

Sy Stem en – ons antwoord, ons stem van lof, ons Eer aan God

Op sy Stem moet altyd die stem van lof, die eer aan God gehoor word.

Nie net die stem van die engele nie, maar ook die van die koninkryke van die aarde.

In Psalm 68:32-35 hoor ons dit:

Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela. Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem. Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke. Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel—Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

Kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem … en – dan kry ons nógn Eer aan God in die Ou Testament.

Hoe mooi rym Totius dit nie:

O Koninkryke, sing Gods lof!

Laat psalme oprys uit die stof –

dis God wat uitgetrek het!

Hy ry, bekleed met eer en mag,

hoog deur die hemel van sy krag

wat Hy met storms bedek het.

Die donderstemme, swaargedug,

verkondig in die hoë lug

sy mag voor al die volke.

Gee sterkte=aan God – sy hoogheid is

oor Israel, sy erfenis;

sy mag is in die wolke.

Hoe vreeslik is U, HEER, alom

uit u verhewe heiligdom,

omring deur sterkte=en ere!

Dis Isr’els God wat wonders werk

en wat sy volk met krag versterk:

U loof ons, HEER der here! (Psalm 68:15 en 16)

En die herders van Belehem het die Eer aan God van die engelekoor verder gedra in hulle Eer aan God, want die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Hulle reaksie op die Stem van God (alles wat hulle gehoor en gesien het), was dat hulle God verheerlik en geprys het.

Waar die mens die Stem van God in die Evangelie van sy Seun hoor, daar antwoord ons met ‘n stem van lof: Eer aan God in die hoogste hemele.

En die Stem donder vanaf Genesis tot in Openbaring

In Genesis begin dit – die Stem van God. En God het gesê … (Gen 1:3)

En tot in Openbaring donder dit:

En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur; en in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor. Openbaring 10:1-3

Die sewe donderslae van Psalm 29!

Stilte? Nee- maar nét wie ore het om te hoor sal hoor

Stille nag, maar – die nag was nie stil nie!

… want die God van eer donder.

“Eer aan God, die hoogste Heer!”

ruis dit uit ‘n stemmesee.

“Vrede op aarde, vrede weer!”

En die donker nag ruis mee.

“Welbehae, eind’loos groot,

in die mens, Gods gunsgenoot!” (Skrifberyming 4:3)

Nee, die wêreld het in daardie nag níks gehoor nie. Hoe hard dit ook al gedonder het.

Maar die gelowiges het dit wél gehoor:

Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. (Matteus 11:15)

Geen stilte nie, maar die God van eer donder.

(52) Psalms van Christus

Psalm 118: Die lieflingspsalm van Luther – die werke van God vertel

Psalm 118 was Luther se liefling Psalm. Hy skryf:

Dit is mý Psalm, my gunsteling Psalm. Ek is lief vir al die Psalms; ek is lief vir die hele Bybel, wat my troos en my lewe is. Maar hierdie Psalm lê my die naaste aan die hart, en ek het ’n besondere reg om dit mýne te noem. Dit het my gered van baie drukkende gevare, waarvan nog heersers, nog konings, nog sages, nog heiliges, my sou kon red. Dit is my vriend, dierbaarder vir my as alle eer en mag van die wêreld.

Hy het vers 17 – Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel – op ’n bord op die muur van sy studeerkamer gesit, waar hy dit elke dag kon sien. Baie Hervormers is gedood. Luther is deur hierdie woorde bemoedig, want dit het hom verseker dat hy absoluut veilig is, totdat sy werk hier op aarde voltooi is.

Dit is so mooi: om die werke van die HERE te vertel.

Dit is ook die tema en inhoud van die Psalmboek. Dit is immers ook die klimaks van die Psalmboek (Psalm 150:2): Loof Hom oor sy magtige dade. Daarmee word die Psalmboek in die slotpsalm saamgevat in ’n jubelende afsluiting. Die hele skepping word in Psalm 150 opgeroep om die HERE te loof en te prys oor sy dade.

Die Psalms is vol van die werke (Ps. 8:6; Ps. 33:15; Ps. 66:3; Ps. 73:28; Ps. 86:8; Ps. 92:4-5; Ps. 103:22; Ps. 104:13, 24, 31; Ps. 106:13, 35, 39; Ps. 107:22, 24; Ps. 111:2, 6-7; Ps. 118:17; Ps. 138:8; Ps. 139:14; Ps. 145:4, 9-10, 17), die dade (Ps. 9:11, 14; Ps. 14:1; Ps. 20:6; Ps. 26:10; Ps. 28:4-5; Ps. 46:8; Ps. 60:12; Ps. 66:5; Ps. 69:5; Ps. 71:16; Ps. 77:11-12; Ps. 78:4, 7, 11; Ps. 92:4; Ps. 94:2; Ps. 99:8; Ps. 101:3; Ps. 103:7; Ps. 105:1; Ps. 106:2, 29, 39; Ps. 108:13; Ps. 111:3; Ps. 118:15-16; Ps. 119:150; Ps. 143:5; Ps. 145:4-6, 12; Ps. 150:2) van die HERE. Dit is maar enkele voorbeelde en al word die woorde werke of dade nie gebruik nie, tog is die dade van die HERE die hart van elke Psalm.

Die Psalms verkondig die werke van die Here in skepping en herskepping, sy dade in verlossing en straf.

Die Psalmdigter het geroep om die verlossings-dade in die nood van hulle lewe; hulle het hulle verheug in die werke van sy koningsheerskappy; hulle het troos in sy werke gevind. En so kan ’n mens aangaan.

Om die werke van die HERE te verteldít, dít is ook óns opdrag en die sin van óns lewe.

Die werke van die HEREdít, dít is die waaragtige troos en vreugde eweneens van óns lewe.

En dit mag ek saam met Luther weet: eers die dag wanneer ek met my woorde en my dade soveel gesing het van God se werk, soveel as wat die HERE in sy onveranderlike raadsplan besluit het – eers dan sal die HERE my lewe hier beëindig, die HERE en geen mens nie.

Dan eers sal ons lied oor God se werke hier, hier op aarde, verstom.

Ja, hier sal dit verstom, maar – dan sal die gelowiges dit voortsit met die koor van die tienduisende van tienduisende en duisende van duisende in die heerlikheid (Openbaring 5:11-13):

Die Lam wat geslag is,

is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid

en sterkte en eer en heerlikheid en lof.”

En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het Johannes hoor sê:

Aan Hom wat op die troon sit,

en aan die Lam kom toe

die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!”

In die beryming van Totius:

Toe sien ek hoog bo my die skaar van eng’le staan

en ‘k hoor hul sanggeluid wat deur die hemel gaan.

Hul staan wyd om die troon, self heerskappye en magte,

rondom die oudstes en die gérubs groot van kragte;

ontelbaar is hul tal, dis duisende maal duisend,

en ‘k hoor hul koorgesang soos baie waters bruisend:

“Die sondelose Lam, vir sondeskuld geslag,

is waardig om te ontvang die rykdom, wysheid, krag,

en eer en heerlikheid en dankb’re seëninge!

En al wat leef en roer, al die geskape dinge

op aarde en diep omlaag, of in die hoë hemel,

al wat die see bewoon en in sy dieptes wemel –

die ganse skepping sing met krag van jubeltoon:

“Aan Hom wat heerlik is, hoog op die wêreldtroon,

en aan die Lam van God, self eewge Skeppings-Here,

sy ewig lof en prys en krag en roem en ere!”

Met “Amen, Amen!” het die gérubs opgeswewe.

Die oudstes het aanbid voor Hom wat ewig lewe. (Skrifberyming 8:3-5)

(51) Die Psalms van Christus

Psalm 13 (6): Gebed en lofsang, lofsang deur gebed

Daar is ‘n geweldige kontras in hierdie Psalm: dit begin met ‘n klaaglied en dit eindig met ‘n loflied. Aan die begin sing Dawid op die laagste moontlike noot; in die laaste verse jubel hy in hemelhoë tone. Hoé het dit in Psalm 13 gebeur dat die klaer ‘n juiger geword het?

Ons sal die antwoord moet gaan soek in dit wat tussen die klag en die lof lê. Tussen die klaaglied aan die begin en die lofsang aan die einde lê die gebed van vers 4 tot 6a. Die gebed is die geheim van die oorgang. Dit bring die omwenteling in Dawid se gemoedstoestand, ondanks die toestand waarin hy verkeer.

In Psalm 31 vers 5 bid Dawid: In u hand gee ek my gees oor. En dan jubel hy in vers 7: Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien … het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie …

Nog ‘n paar opmerkings oor Dawid se loflied in vers 6b: Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.

  1. Dit is ‘n loflied tot eer van die HERE. Dit staan in Dawid se loflied in die middelpunt. Daarvoor leef ons: om die Here te eer, nie alleen in ons lied nie, maar ook in ons dade.

  2. Ek wys u ook tweedens op die rede waarom Dawid wil sing tot eer van die HERE: omdat Hy aan my goed gedoen het. Die woord goed gedoen is ‘n gelaaide woord. Letterlik beteken dit: Oorvloedig handel. Die HERE gee nie karig nie, maar mildelik en oorvloedig, in volheid. Hy gee ons ver bo wat ons bid of dink, sê Efesiërs 3:20. Hy gee die kosbaarste wat Hy het: sy Seun.

Keer op keer tref ons dit in die Psalms aan: dat die Psalmdigters die HERE dank of loof selfs nog voordat hulle iets ontvang het. Gebedsverhoring was vir hulle geen onsekere saak nie, maar dit het vir hulle vasgelê in God se verbondstrou.

(50) Psalms van Christus

Psalm 13 (5): Gebed en lofsange deur Paulus en Silas in die tronk

Dawid was nie die laaste by wie ons hierdie verandering danksy die gebed bemerk nie. Ook in die lewe van Paulus vind ons dit. In Handelinge 16 vers 24 en 25 lê hy en Silas in die gevangenis van Filippi. Maar wat hoor ons dan? Klaag hulle? Nee, maar hulle bid en sing.

Treffend hoe dit daar staan: hulle het gebid én gesing. Voorop staan die gebed en dan as vrug van die gebed die sing.

Die twee gaan saam: wie bid sing. Die gebed maak die sanglus wakker. Sing u ook?

Paulus en Silas het gesing. Maar wát het hulle gesing? Hulle het lofliedere gesing, jubelsange om middernag, deur donkernag omgewe.

Ook deur donker nag omgewe,

sing ek nog my pelgrimslied.

Ja, ek lofsing in die nag,

want ek bly die HEER verwag… (Psalm 42:5, berymd)

Dit is tog ongelooflik, nie waar nie? Terwyl Paulus en Silas met stukkend geslaande rûe in die tronk lê, sing hulle! Hoe kan dit? Wel daar sien ons die groot krag van die gebed! Deur die gebed lê ons ons diepste nood in God se hande en dan kan ons sing. Ja, dan juig ons. Die gebed is die geheim van Paulus-hulle se blydskap. Want deur die gebed weet hulle dat hulle lewens veilig is by God en dat die duiwel nie sal slaag om die kerk te kelder in sy evangelie-prediking en in sy voortbestaan nie. Die gebed het vir die apostel en sy metgesel rus gebring. Omdat, omdat ons ons deur die gebed toevertrou aan die goedertierenheid van God.

(49) Die Psalms van Christus

Psalm 13 (3): Gebed en lofsang

Daar is ‘n geweldige kontras in hierdie Psalm: dit begin met ‘n klaaglied en dit eindig met ‘n loflied. Aan die begin sing Dawid op die laagste moontlike noot; in die laaste verse jubel hy in hemelhoë tone. Hoe het dit in Psalm 13 gebeur dat die klaer ‘n juiger geword het?

Ons sal die antwoord moet gaan soek in dit wat tussen die klag en die lof lê. Tussen die klaaglied aan die begin en die lofsang aan die einde lê die gebed van vers 4 tot 6a. Die gebed is die geheim van die oorgang. Dit bring die verandering in Dawid se gemoedstoestand, ondanks die toestand waarin hy verkeer.

In Psalm 31 vers 5 bid Dawid: In u hand gee ek my gees oor. En dan jubel hy in vers 7: Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien … het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie …

Nog ‘n paar opmerkings oor Dawid se loflied in vers 6b: Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.

  • Dit is ‘n loflied tot eer van die HERE. Dit staan in Dawid se loflied in die middelpunt. Daarvoor leef ons: om die Here te eer, nie alleen in ons lied nie, maar ook in ons dade.

  • Ek wys u ook tweedens op die rede waarom Dawid wil sing tot eer van die HERE: omdat Hy aan my goed gedoen het. Die woord goed gedoen is ‘n gelaaide woord. Letterlik beteken dit: Oorvloedig handel. Die HERE gee nie karig nie, maar mildelik en oorvloedig, in volheid. Hy gee ons ver bo wat ons bid of dink, sê Efesiërs 3:20. Hy gee die kosbaarste wat Hy het: sy Seun.