Argief

(3) KORONA. Wees oor NIKS besorg nie. Die Here is naby

Filippense 4:6

Wees oor NIKS (ook nie oor Korona nie) besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. Fil 4:6.

Hoekom moet ons oor niks besorgd wees nie? WANT die Here Jesus is naby. Hierdie laaste woorde is die skanier waarom Filippense draai, Hy is die rede waarom ons ALTYD bly kan wees.

Aan Hóm wat naby ons is, is alle mag gegee en nie aan Korona nie. Hy is die Here, die Koning, en nie Korona nie. Hy is die Skepper en Korona net ‘n skepseltjie, wat so in Sy hand is dat dit sonder Sy wil nie kan roer of beweeg nie.

…. dis net Hy, Hy, Hy wat my vreugde is, wat my kommer dra op sy almagtige Skepper-skouers.

Hoekom laat ons ons tog so oorHEERS deur die Korona, terwyk Hy HEERS ook oor die Korona. Ons leef en stres asof daar geen Here is nie. Nee, kyk met ander oë na die Korona … sien die almagtige Here staan met die Korona IN SY HAND – dit is die heerlike werklikheid. Korona het nie die oorHAND nie, maar is in Sy hand.

Filippense is ‘n oproep tot gebed. Wees oor niks besorgd nie, maar gee julle nood oor in Sy HANDE. Dit is presies wat gebed is: jou nood heeltemal uit jou magtelose hande en jou nood geheel en al oorgee in sy almagtige hande. Gebed is so bevrydend, so rusgewend.

Die gevolg van die gebed is VREDE: die vrede van God, wat alle verstand te bowe. (Filippense 4:7).

(1) KORONA. Gedagtes oor die gebed: Christus alleen

Dít moet ons te midde van die Korona-pandemie doen: bid, bid, bid en nogmaals bid.

Bid is: om ons leë, klein, magtelose handjies hulpbehoewend uit te steek na Hom wat alleen instaat is om ons in hierdie Korona-nood te help.

MAAR DAN IS DAAR EEN DING WAT ONS GOED MOET ONTHOU: Ook ten opsigte van die gebed geld die beginsel: Christus alleen … Gebed het alles te make met ons verlossing in Christus.

WANT:

  • ALLEEN deur Christus is God weer ons Vader. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag (die reg – verwerf deur Christus) gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Johannes 1:12). Deur Christus alleen het ons ‘n almagtige, liefdevolle Vader, wat ons kan en sal en wil help.

  • Die gebed word ALLEEN gebore uit die verlossingswerk van Christus. Alleen deur die verlossingswerk van Christus wil ons weer bid, kan ons weer bid. Dit is nie deur die virus wat ons bid nie, maar deur en danksy Christus. Heidene kan nie bid nie. Die ware gebed word in die korona-tyd en in alle tye aan Christene alleer, maar ook VERSEKER gegee

  • Die gebed lê ALLEEN vas in die verlossingswerk van Christus. Alleen in Christus is die vervulling van al God se beloftes vir ons vas en seker: in sy bloed en in sy voorbidding is ons gebed GEWAARBORG.

  • Die gebed gryp voortdurend en ALLEEN na die verlossingswerk van Christus. Immers, alleen in en deur Christus kan ons God se Naam heilig, ons onderwerp aan sy koningskap, ons buig onder sy wil, ens. Alleen in Christus het ons reg op brood, alleen in Christus het ons vergifnis van ons sondes, alleen in Christus kan ons die versoeking van die Bose oorwin. Alleen Hy kan ons help. Matteus 28: 18,20: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. … En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

DAAROM:

  • Gebed is een groot lofprysing van die verlossingswerk van Christus.

  • Gebed is geheel en al afsien van jouself en heeltemal opsien na Christus alleen.

EN:

  • In so ’n gebed – Christus alleen – en in so ’n gebed alleen word die Vader ten hoogste geëer.

  • En die Heilige Gees doen niks liewer as om die Christus-alleen-gebed ons in die mond te lê nie.

DIT BETEKEN NIE:

  • DAT ONS ALLES WAT ONS VRA VAN HOM KRY NIE. DIT BETEKEN OOK NIE DAT GELOWIGES NIE DIE KORONA-VIRUS SAL KRY NIE. HY ALLEEN WEET WAT GOED IS VIR ONS EN DIT GEE HY ONS.

DIT BETEKEN WEL:

  • DIE NOOD, OOK DIE KORONA-NOOD, SAL NOG DAAR WEES. MAAR … MAAR MIDDE-IN DIE NOOD is ek VERSEKERD DANKSY CHRISTUS SE OFFER EN GEBED: dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Rom 8:38, 39

Nuwe Bybelstudiehandleiding Abraham

Deur die Here se groot genade kon ek weer ‘n boek publiseer.

Die titel is: Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk. Die sub-titel is: Bybelstudie oor die openbaring van die God van heerlikheid, Christus, in die lewe van Abraham.

In ‘n tyd waarin dit so moeilik gaan in die kerk, is juis en net dit ‘n enorme troos: Christus alleen gee deur sy Woord alleen geboorte aan die kerk en Hy alleen hou dit ook deur Woord en Gees instand. Hierdie heerlikheid van Christus sien ons in hierdie geskiedenis. Modern gesê: Hy en Hy alleen is die gemeentebouer.

Die boek is ‘n reeks preke, wat ook aangepas is vir Bybelstudie, met vrae aan die einde van elke les.

Die boek is verkrygbaar by die Administratiewe  Buro in Potch (018 297 3986/7/8/9;  bestellings@gksa.co.za ) of by die Boekenhoutboekwinkel by Aros (012 332 3227/8 ; 086 595 1840; boekenhout@aros.ac.za ) in Pretoria.

Die koste sal in die omgewing van R40 wees.

(56) Psalms van Christus

Psalm 16 (3): ‘n bewaarde erfenis

Toe Adam en Eva deur God in die paradys geplaas is, het hulle die allerheerlikste erfenis denkbaar ontvang. Maar…hulle het dit verloor! Deur die verleiding van die duiwel en deur eie, moedswillige ongehoorsaamheid het hulle hierdie weelde deur hulle vingers laat glip. Hulle is uit die paradys verdryf. Weg was hulle grootse erfenis. Hoe vreeslik, hoe uitermate tragies was dit nie, nie waar nie?

Dit maak ‘n mens bekommerd: hierdie erfenis van Psalm 16 wat ons as gelowiges ontvang, staan ons nie ‘n kans om dit ook te verloor nie? Is dit nie ‘n erfenis wat altyd onseker sal wees nie? Iets waaroor ons altyd sal twyfel: sal ons dit ooit verkry, sal ons dit nie miskien halfpad deur die verleiding van die duiwel kwytraak nie?

En dan moet ons bely: ja, as dit van onsself afhang, is een ding wel seker: ons sal die erfenis verloor!

Maar koning Dawid het ook geweet: dit is nie hy wat God vashou nie, maar God wat hom vashou. Die behoud van die erfenis is nie in sy swak mensehandjies nie, maar in die almagtige hande van die HERE. “U onderhou my lot”, jubel hy. “U” – dit staan met nadruk voorop – U doen dit. Met die woord “lot” – u onderhou my lot – sinspeel Dawid op die erfenis wat deur die lot toegewys word. Die HERE onderhou dit. Daarmee sê Dawid: U is die waarborg dat ek dit nooit, nooit sal verloor nie. Hy het sy geloofssekerheid gesoek in God.

Daarenteen was die apostel Petrus iemand wat altyd so self-versekerd was, dit wil sê: seker van homself en seker van sy eie vermoeëns. Hy was vas oortuig dat hy die Here Jesus nooit sou verlaat nie: al sou al die ander dit doen, hy sou dit nie doen nie. Maar in daardie nag toe Jesus gevange geneem is, het ook hy sy Meester, sy erfenis, losgelaat. Toe het hy geleer hoe onseker die erfenis is as dit van ‘n mens afhang. Geweldig is dit daarom dat dit juis hierdie apostel is wat later in sy eerste brief oor ons ‘n erfenis skryf en dan sê: dit is ‘n erfenis “wat in die hemele bewaar is vir ons, wat in die krag van God bewaar word…” (1:4,5). Daarmee bedoel hy: ons erfenis is ten volle beveilig, want dit lê in God se woning, die hemel. ‘n Beter brandkluis is daar nie. Dit is so veilig as wat maar kan kom, want dit word in die krag van God bewaar: by die krag van God kan u maar dink aan ‘n fort waarbinne ‘n gelowige veiligheid kan vind.

Hoe maak God ons erfenis vas en seker? Deur dit wat Hy in sy Seun vir ons gedoen het: deur sy kruis. In sy kruis lê ons erfenis veilig, vas en seker. Kruis en paradys, kruis en erfenis, is onlosmaaklik aan mekaar verbonde. Deur die kruis ontvang ons die paradys. Juis wanneer Jesus aan die kruis hang, sê hy aan ‘n sondaar, ‘n moordenaar: “Voorwaar, Ek sê vir jou: vandag sal jy saam met my in die paradys wees”. Aan die kruis moet ons vashou. Dan is ons erfenis verseker en vas soos die berge. Dan lê dit vas, nie in ons goeie werke nie, maar in die verlossingswerk van Christus wat nooit kan faal nie.

(53) Psalms van Christus

Psalm 129: Stille Nag – maar die nag was stil nie

Stille nag?

Stille nag, heilige nag, so lui ‘n bekende Kerslied.

Stille nag, maar – die nag was nie stil nie …

… want die God van eer donder.

Wie die engelelied van Lukas 2:13-14 teen sy Nuwe en Ou Testamentiese agtergrond ken en verstaan, sal nooit sê die nag was stil nie …

… want die God van eer donder.

Kom ons kyk na hierdie mooi Lied van Lukas 2:13-14 en die geboorte van Christus.

Wanneer Christus gebore word in Belehem, sing die engele:

Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!

PSALM 29 – die engele se antwoord op die Stem van die HERE

Waar kom die engele van Lukas 2 aan hierdie lied van vers 13 tot 14?

Hulle kry dit in die Ou Testament, in hulle Psalmboek, in die Psalmboek van Christus; hulle kry dit in Psalm 29.

En – Psalm 29 is allermins ‘n Psalm van stilte. Inteendeel, dit donder:

  1. Psalm 29 het as opskrif: ‘n Onweerspsalm.

  2. Psalm 29 is die Psalm van die sewe donderslae: Sewemaal hoor ons van die Stem van die HERE: Die God van eer (die God van heerlikheid) donder. Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon. (vv 3-5).

In Psalm 29:1 ontvang die engele, die hemelinge, bevel: Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!

Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! Die engele van Psalm 29 moet reageer op die sewe donderslae, op die Stem van die Here. In reaksie op die Stem moet hulle aan die HERE eer en sterkte gee.

Psalm 29 is die Eer aan God in die hoogste hemele van die Ou Testament.

Lukas 2:13-14 – die engele se antwoord op die Stem van die Here

Psalm 29 is die Psalm van die Stem van die HERE.

En Lukas 2 is die Nag van die Stem van die Here.

  1. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar – dit is die Stem van die Here.

  2. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar – die God van eer donder.

Die geboorte van Christus is die Stem van die HERE. Hy is die Woord van God, sy Donderstem.

En wanneer die engele die Stem van die Here hoor, wat donder in die geboorte van Christus, antwoord hulle:

Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!

En daarmee vervul hulle die opdrag van Psalm 29: Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!

Wanneer God Hom openbaar, as sy Stem weerklink, dan donder dit, dan is dit nie stil nie.

Sy Stem en – ons antwoord, ons stem van lof, ons Eer aan God

Op sy Stem moet altyd die stem van lof, die eer aan God gehoor word.

Nie net die stem van die engele nie, maar ook die van die koninkryke van die aarde.

In Psalm 68:32-35 hoor ons dit:

Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela. Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem. Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke. Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel—Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

Kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem … en – dan kry ons nógn Eer aan God in die Ou Testament.

Hoe mooi rym Totius dit nie:

O Koninkryke, sing Gods lof!

Laat psalme oprys uit die stof –

dis God wat uitgetrek het!

Hy ry, bekleed met eer en mag,

hoog deur die hemel van sy krag

wat Hy met storms bedek het.

Die donderstemme, swaargedug,

verkondig in die hoë lug

sy mag voor al die volke.

Gee sterkte=aan God – sy hoogheid is

oor Israel, sy erfenis;

sy mag is in die wolke.

Hoe vreeslik is U, HEER, alom

uit u verhewe heiligdom,

omring deur sterkte=en ere!

Dis Isr’els God wat wonders werk

en wat sy volk met krag versterk:

U loof ons, HEER der here! (Psalm 68:15 en 16)

En die herders van Belehem het die Eer aan God van die engelekoor verder gedra in hulle Eer aan God, want die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Hulle reaksie op die Stem van God (alles wat hulle gehoor en gesien het), was dat hulle God verheerlik en geprys het.

Waar die mens die Stem van God in die Evangelie van sy Seun hoor, daar antwoord ons met ‘n stem van lof: Eer aan God in die hoogste hemele.

En die Stem donder vanaf Genesis tot in Openbaring

In Genesis begin dit – die Stem van God. En God het gesê … (Gen 1:3)

En tot in Openbaring donder dit:

En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur; en in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor. Openbaring 10:1-3

Die sewe donderslae van Psalm 29!

Stilte? Nee- maar nét wie ore het om te hoor sal hoor

Stille nag, maar – die nag was nie stil nie!

… want die God van eer donder.

“Eer aan God, die hoogste Heer!”

ruis dit uit ‘n stemmesee.

“Vrede op aarde, vrede weer!”

En die donker nag ruis mee.

“Welbehae, eind’loos groot,

in die mens, Gods gunsgenoot!” (Skrifberyming 4:3)

Nee, die wêreld het in daardie nag níks gehoor nie. Hoe hard dit ook al gedonder het.

Maar die gelowiges het dit wél gehoor:

Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. (Matteus 11:15)

Geen stilte nie, maar die God van eer donder.

(49) Die Psalms van Christus

Psalm 13 (3): Gebed en lofsang

Daar is ‘n geweldige kontras in hierdie Psalm: dit begin met ‘n klaaglied en dit eindig met ‘n loflied. Aan die begin sing Dawid op die laagste moontlike noot; in die laaste verse jubel hy in hemelhoë tone. Hoe het dit in Psalm 13 gebeur dat die klaer ‘n juiger geword het?

Ons sal die antwoord moet gaan soek in dit wat tussen die klag en die lof lê. Tussen die klaaglied aan die begin en die lofsang aan die einde lê die gebed van vers 4 tot 6a. Die gebed is die geheim van die oorgang. Dit bring die verandering in Dawid se gemoedstoestand, ondanks die toestand waarin hy verkeer.

In Psalm 31 vers 5 bid Dawid: In u hand gee ek my gees oor. En dan jubel hy in vers 7: Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien … het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie …

Nog ‘n paar opmerkings oor Dawid se loflied in vers 6b: Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.

  • Dit is ‘n loflied tot eer van die HERE. Dit staan in Dawid se loflied in die middelpunt. Daarvoor leef ons: om die Here te eer, nie alleen in ons lied nie, maar ook in ons dade.

  • Ek wys u ook tweedens op die rede waarom Dawid wil sing tot eer van die HERE: omdat Hy aan my goed gedoen het. Die woord goed gedoen is ‘n gelaaide woord. Letterlik beteken dit: Oorvloedig handel. Die HERE gee nie karig nie, maar mildelik en oorvloedig, in volheid. Hy gee ons ver bo wat ons bid of dink, sê Efesiërs 3:20. Hy gee die kosbaarste wat Hy het: sy Seun.

Keer op keer tref ons dit in die Psalms aan: dat die Psalmdigters die HERE dank of loof selfs nog voordat hulle iets ontvang het. Gebedsverhoring was vir hulle geen onsekere saak nie, maar dit het vir hulle vasgelê in God se verbondstrou.